Philida

'n Slaweroman

André P. Brink

EPUB
ca. 14,99
Amazon iTunes Thalia.de Weltbild.de Hugendubel Bücher.de ebook.de kobo Osiander Google Books Barnes&Noble bol.com Legimi yourbook.shop Kulturkaufhaus ebooks-center.de
* Affiliatelinks/Werbelinks
Hinweis: Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.

Human & Rousseau img Link Publisher

Belletristik / Hauptwerk vor 1945

Beschreibung

’n Aangrypende, meesleurende en diep menslike roman deur een van Suid-Afrika se grootste skrywers: Philidais gebaseer op historiese werklikheid en sluit wat tema en tydperk betref aan by een van Brink se vroeër romans, Houd-den-bek. Philida was ’n slavin wat tussen 1820 en 1835 op die plaas Zandvliet in die Drakenstein-distrik gewoon het. (Die plaas wat vandag bekend is as Solms Delta). Sy het ’n paar kinders gehad by Frans, die seun van Cornelis Brink, die eienaar van die plaas. Maar toe besluit Cornelis dat Frans met die dogter van ’n ryk Kaapse familie moet trou en dat dit beter is om Philida en haar kinders te verkoop. Die roman begin waar Philida by die drostdy op Stellenbosch ’n klag teen haar baas gaan lê, ongehoorde optrede vir ’n slawevrou, optrede wat haar duur te staan kom: Philida en haar kinders word in 1833 deur Brink op ’n slaweveiling op Worcester verkoop. Die Britse regering stel kort daarna die slawe vry, maar Philida is vir vier jaar by haar nuwe eienaar,Meester de la Bat, ingeboek. Die swaarkry en vernedering van baie jare het Philida egter gebrei en op ’n dag eien sy vir haarself vryheid toe. Saam met die Moslem-slaaf, Labyn, trek sy deur die barre Karoo na die verre Gariep – “die grote Gariep: hy is die hele land en die hele wêreld …die rivier in onse binneste. My Gariep…” dink Philida. “Hier in sy nabyte is ons almal saam.” Philidais ’n versetsroman – maar dit is ook ’n bevrydingsroman. Dit demonstreer wat vryheid beteken, en óók wat aan die kern van baasskap lê. En alhoewel daar onthutsende tonele is, is daar ook oomblikke van teerheid en humor. En boweal, die stem van ’n meesterverteller.’n Interessante aspek van die roman is dat Brink gebruik maak van geskiedkundige feite wat een van sy voorsate insluit.

Weitere Titel von diesem Autor
Weitere Titel in dieser Kategorie
Cover Grootgeluk
Jan van Tonder
Cover Rooiborslaksman
Marinda van Zyl
Cover Oliver Twist
Charles Dickens
Cover Die Skarlakenbrief
Nathaniel Hawthorne
Cover O Pioniers!
Willa Cather
Cover Dors
Marinda Van Zyl
Cover Aangaande Astrid
Jean-Marie Kassab
Cover Dwaalpoort
Alexander Strachan
Cover Alles begin met Anna
Annemari Coetser
Cover Eilande
Dan Sleigh
Cover Buller se plan
Ingrid Winterbach
Cover Maestro
Marié Heese
Cover 1795
Dan Sleigh
Cover Brandwaterkom
Alexander Strachan
Cover Debora en seuns
Helene De Kock

Kundenbewertungen