img Leseprobe Leseprobe

Dieper water

Helene de Kock

EPUB
ca. 13,99
Amazon iTunes Thalia.de Weltbild.de Hugendubel Bücher.de ebook.de kobo Osiander Google Books Barnes&Noble bol.com Legimi yourbook.shop Kulturkaufhaus ebooks-center.de
* Affiliatelinks/Werbelinks
Hinweis: Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.

Human & Rousseau img Link Publisher

Belletristik/Erzählende Literatur

Beschreibung

Op die plaas Diepwater speel die verhaal van Rachel en Hektor Froneman hom af. Hulle is tegelyk minnaars en eggenote, vriende en bitter vyande. Van hul kindertyd af is hulle onskeidbaar. Maar Diepwater, geleë in die berge van die Oos-Vrystaat, is ‘n plek van geskiedenis en trauma. Soos wat die veranderende tye, van voor die Tweede Wêreldoorlog tot anderkant apartheid deur die land golf, word Rachel en Hektor ten seerste daardeur geraak. Ook Rachel se Ouma Ragie en haar Nikolaas se liefde is op hierdie geliefde familieplaas deur ‘n oorlog getoets. Rachel s’n weer deur die politieke gees van die tyd. Sy ontdek dat sy politiek haat, want dit bring ‘n verskriklike tweespalt in haar. So erg dat sy selfs vir Hektor, wat sy innig liefhet, vervreem... Sy ontdek dat geen mens die beeld van sy tyd kan ontsnap nie en dat mens nie vir altyd met ‘n geheim kan saamleef nie. Dat die waarheid homsélf later uitdra buite toe. Daarom begin Rachel skryf. Eers ‘n reeks jeugboekies opgedra aan die kleindogter wat haar ontneem is, en later ‘n outobiografie om klaarheid oor haar emosies te kry en om ‘n eie soeke na identiteit te probeer volvoer. Sy vertel haar verhaal, maar sy leef hom ook nog. Sy leef haar lewe met ‘n donker geheim wat sy saamdra en te midde van storms wat kom en gaan. Daarom is dit so moeilik om te bly glo in die groot liefde wat Ouma Ragie so liries in haar briewe uit die Boereoorlog besing. En daarom skryf sy oor haar en Hektor en hul liefde al is sy bitter en wantrouig. Want Rachel en Hektor praat al dekades lank nie met mekaar nie. Hy kom wel op die werf van Diepwater om die boerdery te help bestuur, maar hy sit sy voete nie in die huis nie. Ook nie in die kerk nie. Wanneer hul vervreemde kleindogter, die jong predikant Nadia, uit die bloute opdaag, keer haar koms stelselmatig alles wat ‘n gegewe op Diepwater geword het, op sy kop... Dieper water is ‘n familiesage waarin drie liefdesverhale oor drie tydperke vervleg is. Die kompleksiteit van die liefde en die soeke na die self vorm die tema van hierdie verhaal. Dit gaan in hierdie roman oor die aard van liefde en vertroue en die weerloosheid van die mens as die tydgees oor hom spoel.

Weitere Titel in dieser Kategorie
Cover Al wat tel
Irma Venter
Cover Duifeling
Lize Albertyn-du Toit
Cover Hemel en aarde en ons
Zirk van den Berg
Cover Bloedsomer
Sidney Gilroy
Cover Leo
Leo
Deon Meyer
Cover Siembamba
Madelein Rust
Cover Duiwelsroos
Leon van Nierop
Cover Hans kry troukoors
Rudie van Rensburg
Cover Die skuiling
Helena Hugo
Cover Laaste kans
Marita van der Vyver
Cover Help, help
Nataniël
Cover Gebeente
Etienne van Heerden
Cover Deelfontein
Nicole Jaekel Strauss
Cover Dwelm
Rudie van Rensburg
Cover Diana se dag
Helene de Kock
Cover Ons skulde
P.P. Fourie
Cover Dolos
Jaco Wolmarans

Kundenbewertungen