img Leseprobe Leseprobe

Oop Deure

Wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer

Coenie Burger

EPUB
ca. 11,99
Amazon 7,63 € iTunes Thalia.de Weltbild.de Hugendubel Bücher.de ebook.de kobo Osiander Google Books Barnes&Noble bol.com Legimi yourbook.shop Kulturkaufhaus ebooks-center.de
* Affiliatelinks/Werbelinks
Hinweis: Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.

CLF Publishers img Link Publisher

Geisteswissenschaften, Kunst, Musik / Religion/Theologie

Beschreibung

Oop deure is nie maar net nog ’n uitleg van die boek Openbaring nie. Dit is aktueel en toepaslik vir ons tyd. Soos dit ’n goeie eksegeet betaam, verduidelik Burger hoe die boek gespreek het tot die gelowiges vir wie dit oorspronklik geskryf is – in ’n wêreld wat totaal anders as ons s’n gelyk het. Hy bied egter ook ’n passievolle toe-eiening van die boodskap van die boek vir ons eie tyd – op so ’n manier dat ons beter insig in ons eie situasie kry en die talle geleenthede raaksien wat God vir ons hier aan die suidpunt van Afrika skep. Hy help ons inderdaad om te hoor wat die Gees vir die gemeentes van ons tyd sê. Prof Francois Tolmie, Nuwe Testament, Universiteit van die Vrystaat. Coenie Burger skryf: “Openbaring sê vir ons dat ons nie in die eerste plek nuwe strategieë of planne nodig het nie, maar dat ons gehelp moet word om die evangelie nuut te hoor en vir ons toe te eien”. Daarmee sit hy sy vinger op die essensie van wat nodig is vir gemeentes en predikante om vandag te hoor. ’n Weldeurdagte uitleg van Openbaring deur ’n knap teoloog. Prof Ian Nell, Praktiese Teologie en Missiologie, Universiteit van Stellenbosch Coenie Burger se genuanseerde lees van Openbaring as gemeente-literatuur teen die agtergrond van die Romeinse Ryk sal gelowiges en gemeentes se geestelike verbeelding opnuut aangryp oor hoe hulle vandag hul missionale roeping in uitdagende tye konkreet kan uitleef. Dit is ’n helder, tydige en weldeurdagte uitleg van Openbaring deur een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde kerkteoloë. Prof Marius Nel, Nuwe Testament, Universiteit van Stellenbosch Coenie Burger nooi ons om Openbaring te lees as ’n boek wat vir gestuurde gemeentes geskryf is. Oop Deure herinner die kerk op ’n helder en direkte manier aan wie God is en aan sy roeping en werk vir gemeentes. Die boek maak ’n belangrike bydrae tot die missionale teologie, plaaslik en internasionaal. Dr Lourens Bosman, Algemene Bestuurder, Algemene Sinode van die NG Kerk.

Weitere Titel von diesem Autor
Weitere Titel in dieser Kategorie
Cover Seun van die verderf
Andrew J. Lamont-Turner
Cover Die Ewige Plan
Colin Jones And Owen Jones
Cover Blinde mol of wyse uil?
Susan Coetzer (Lux Verbi)
Cover Onverskrokke vroue
Bettina Wyngaard
Cover Floreer
Ilse Salzwedel
Cover Seuns sonder pa's
Julian Jansen (Lux Verbi)
Cover Soldaat
Reynardt Hugo
Cover Leef lig
Jaco Strydom
Cover Onthou my
Helena Hugo
Cover Jesus vir almal
Neels Jackson
Cover Oop Deure
Coenie Burger
Cover Israel-reeks 11: Hooglied
Marzanne Leroux-Van der Boon
Cover Mia
Mia
Mariska Robberts
Cover Emigreer of bly
Stephan Joubert

Kundenbewertungen