As die lied verstil
Ena Murray
* Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.
Belletristik/Erzählende Literatur
Beschreibung
As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ’n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ’n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Ouma se afskeidswoorde is dat haar Chrissie-kind nie die lewenswaardes wat sy in die huisie in Loeriestraat geleer het daar in die vreemde moet vergeet nie. En dat sy moet onthou dat die kraakhekkie in Loeriestraat altyd vir haar sal oopstaan. Intuïsie vertel Ouma dat daar ’n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige valley van Dennedal wanneer die hoë hoogtes van die vermaaklikheidswêreld vir haar te veel word . . .