Lekker Vinnige Etes

Hilary Biller

PDF
ca. 7,48
Amazon iTunes Thalia.de Weltbild.de Hugendubel Bücher.de ebook.de kobo Osiander Google Books Barnes&Noble bol.com Legimi yourbook.shop Kulturkaufhaus ebooks-center.de
* Affiliatelinks/Werbelinks
Hinweis: Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.

Penguin Random House South Africa img Link Publisher

Ratgeber / Essen & Trinken

Beschreibung

“Ons leefwyse het oor die jare heen dramaties verander. Deesdae moet ons veeleisende loopbane sowel as bedrywige gesinslewens aan die gang hou, en ons manier van kosmaak en eet het dienooreenkomstig verander. Kos wat vinnig en maklik voorberei kan word, raak al hoe belangriker … Hierdie kookkunsreis was vir my ’n openbaring. Dit is ’n nuwe manier van kosmaak wat min moeite, maar deeglike beplanning en voldoende voorraad in jou spenskas verg. Ek sal jou wys hoe jy met slim, voorafbereide items van goeie gehalte en puik vars produkte heerlike ‘tuisgemaakte etes’ kan voorberei.” – kookboek-outeur en uitsonderlike kosskrywer, Hilary BillerMet die stygende druk op gesinsbegrotings en die toenemde bewustheid van gesondheidskwessies en die gevare van vetsug, meen Hilary dat huiskokke duur, wegneem-etes die rug sal toekeer op soek na heerlike, voedsame alternatiewe wat vinnig en met maklik verkrygbare produkte voorberei kan word. Daar is 156 resepte in Lekker vinnige etes, waroonder idees vir ontbyt, slaaie, voorgeregte, hoender-, vis-, vleis- en vegetariese geregte, nageregte en drankies. Om te verseker dat die besige kok nooit ’n oomblik verspil nie, het Hilary ’n onontbeerlike lys produkte vir die spens- en die vrieskas, sowel as noodsaaklike toerusting ingesluit – dít alles om kosmaak makliker te maak.

Kundenbewertungen