Boerseun
Chris Schoeman
* Affiliatelinks/Werbelinks
Links auf reinlesen.de sind sogenannte Affiliate-Links. Wenn du auf so einen Affiliate-Link klickst und über diesen Link einkaufst, bekommt reinlesen.de von dem betreffenden Online-Shop oder Anbieter eine Provision. Für dich verändert sich der Preis nicht.
Penguin Random House South Africa
Belletristik / Romanhafte Biographien
Beschreibung
Boerseun is die hartroerende ware verhaal van ‘n tienjarige plaasseun se traumatiese maar fassinerende ervaringe gedurende die Anglo- Boereoorlog van 1899-1902.Wanneer die Engelse Charles du Preez en sy pa in hul skuilplek in die berge op hul Oos-Vrystaatse plaas opspoor, word die twee gevange geneem en in oop steenkooltrokke na Durban weggevoer. Van daar vertrek hulle op ‘n angswekkende reis aan boord die SS Aurania na die krygsgevangenekampe Umballa en Solon in Indië, waar Charles die jongste inwoner is. In Suid-Afrika word Charles se ma en die ander kinders, wat gevange geneem is terwyl hulle tydens lord Kitchener se verwoestende “verskroeide aarde”-veldtog vir die Kakies gevlug het, in die berugte Winburgkonsentrasiekamp geïnterneer.In Boerseun, wat gegrond is op Charles se herinneringe wat hy later in sy lewe op skrif gestel het asook op belangrike mondelinge en dokumentêre bronne - onder meer ‘n dagboek wat Charles se ma gedurende die oorlog gehou het - word die Du Preez-gesin se oorlogservaringe nagespoor. Dit loop uit op Charles en sy pa se repatriasie na Suid-Afrika, waar die gesin herenig word en terugkeer na hul plaas wat in puin lê en waar hulle ‘n nuwe begin moet maak.Hierdie boeiende, aangrypende en besonder insiggewende boek is ‘n waardevolle toevoeging tot die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog.